I’m a proud black Mama…

Ek stap vroeër vandag daar op Kerkplein by Cafe Riché in.  ‘n Vriend join my maar kom gou agter hy het nie sy rokies by hom nie, so ons glip uit en stap om die hoek na so African kafee.  Glad nie die tipe wat jou gemiddelde Portugees of Griek op die hoek bedryf nie, die eienaar is so GROOT swart vrou wat nice smile.

Daar is die standaard mieliemeel, daar is boontjies en die fok weet wat nog alles, ook ‘n rakkie vol Oros, Marie biscuits en sulke stuff.  O ja, en ‘n yskas vol half-swart varkvleis, onder andere ‘n halwe varkkop en so paar pote  :roll: Ek het darem nie lewendige hoenders daar sien rondloop nie…
Anyways, hy vat die rokies, Marlboro. Nou wag ons dat sy die kleingeld gee en ek let op die pakkie het Arabiese skrif op. En geen Government Warning nie. Ek scheme toe ek gaan gou ‘n grappie haar kant toe gooi, net om te wys ek’s ‘n vriendelike outjie en vra haar toe of hierdie van daai stock is wat “van die lorry afval”, en woeps, weg is die smile.
Sy kyk my toe van onder af so uit die hoogte aan, want sy is omtrent 30cm korter as ekke, en vertel my sy is ‘n “proud black women” wat nie sulke goed doen nie, dit is MY tipe wat sulke goed onwettig koop. En toe mompel sy nog so paar goeters in isiPedi of Xhosa of Swati of whatever sy in mompel.
Anyways, ek pluk toe so effe my moer maar dog toe laat ek maar loop, fok haar, dis mos nou nie asof of ek gereeld daar gaan wil shopping doen of iets nie.

Vanmiddag stap ek gou oor die straat na die kafee toe vir ‘n koeldrank, en raai wat?? Langs my staan ‘n SARS official. Toe maak ek so paar praatjies met hom, kom toe agter hy werk eintlik vir SARS Customs. En toe dog ek dat ek hom maar vra oor daai skywe sonder die Warnings. Hy sê toe daai goed word onwettig ingevoer, waar het ek daarvan gesien? Toe verduidelik ek hom maar. Heel onskuldig. Heel presies waar daai fokken “proud black woman” wat so snotty met my was se shop is.

Ek dink ek gaan volgende week daar ‘n draai maak en hoor of sy toe nou al deur SARS Customs geraid is. Net sodat ek haar kan vertel dat sy volgende keer dalk nie so snotty met die customers moet wees nie. MY tipe laaik nie daai tipe van gedrag vreeslik kwaai nie…. ;)

My wish…

Who needs additional words?

Die punt is dat die lewe so gou by ons verby gaan.  Ons kindertjies word tussen ons verantwoordelikhede in die lewe groot en soms is die tyd wat ons saam met hulle kan spandeer net te min.  Soms is dit moeilik en dalk selfs frustrerend as hulle met slaaptyd nie wil luister nie, nie wil doen wat ons wil hê hulle moet doen nie, maar voor jy jou oë uitvee is hulle groot en het hulle eie lewens.

En ek dink dit is waaroor hierdie twee songs gaan.

Ek leef soms deur musiek omdat ek nie so goeie woordsmid is soos suksesvolle digters of liriekskrywers nie. So… as daar een ding is waarvoor ek wens, is dit al die tyd in die wêreld. Al die tyd in die wêreld om dit wat werklik belangrik is te waardeer.

Elke oomblik van elke dag.